Powered By Blogger

Tuesday, April 27, 2010

Maak my u getuie

Joh. 14: 26

Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gese het.

Vrede

Gabriel

Tuesday, April 20, 2010

Opgestane Vors van die lewe

God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Uit genade is julle gered! Ja, in Christus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met hom 'n plek in die hemel gegee. (Ef. 2: 4-6)

Vrede

Gabriel

Wednesday, April 14, 2010

Leer my U beter ken

Op. 4: 11

Here, ons God, U is waardig om die heerlikhid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het, deur U wil het alles onstaan en is dit geskep.

Vrede

Gabriel

Monday, April 12, 2010

Herfsgebed

Van die skepping van die wereld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is. (Rom. 1: 20)

Dis herfs, Here my God, herfs wat so gou gekom het met sy rypheid en rykdom van blare- en kleureweelde. Die asemrowende skoonheid van u skepping bring 'n weemoedige pyn in ons hart. Waarom, Here? Omdat ons reeds so ver geloop en so min gevorder het? Dankie, Meester, vir geestelike groei en rypwording, wat uitloop op rustigheid en vervulling. Dankie vir die wete dat al vergaan die uiterlike mens, ons innerlike elke dag vernuwe word. Hierdie is ook 'n tyd van die jaar wanneer ons U as die Man van smarte op u lydensweg volg. In die herfs is dit soveel meer 'n werklikheid. U lyding was vir die wereld, ja, maar ook vir my. Dis reeds herfs en u kosbare belegging van bloed en trane het nog so weinig dividende in my lewe afgewerp. U het u lewe vir my afgele, al was ek dit nie werd nie. In diepe dankbaarheid wy ek opnuut my gees en my liggaam. Laat my, o Vader, u liefde in Christus se lyding sien en laat die wereldgesindheid soos herfsblare van my lewe afval. Lei my in hierdie tyd in die lig van u vriendelike aangesig. AMEN

Vrede

Gabriel

(Gebed uit die boek: Gebede vir jou lewenspad, Solly Ozrovech)

Sunday, April 11, 2010

'n Deurslaggewende vraag

Hoe wonderlik is dit om seker te wees van jou geloof! Hoe wonderlik om lidmaat van'n kerk te wees wat die vrye genade van God predik, met Christus as die hoop vir sondaars! As ons op ons weke moes vertrou, wat sou van ons geword het?

Vrede

Gabriel

Thursday, April 8, 2010

Die Kruis

Die kruis is God se waarheid omtrent onsself en daarom is dit die enigste waarheid wat ons eerlik kan maak. Wanneer ons die kruis ken, is ons nie meer bang vir die waarheid nie.

God het sy liefde vir ons aan die kruis bewys. Toe Christus daar gehang, gebloei en gesterf het, was dit God wat vir die wereld gese het: "Ek het jou lief!"

Vrede

Gabriel

Wednesday, April 7, 2010

Ons Groot Geneesheer

Bly standvastig in die geloof(1 Pet. 5:9)

Here Jesus, ons aanbid U as die groot geneesheer. Gee ons moet, blymoedigheid en vrede om gesond te lewe. Dankie vir u onfeilbare Woord wat aan ons die herhaalde versekering gee dat U oor ons waak as almagtige God en dat Jesus Christus vir ons siektes versoening gedoen het. Bevry ons van die vrees van siekte en ongesondheid en laat ons soos vrygemaaktes lewe. En wanneer ons liggaam aan 'n siekte blootgestel is, help ons om in die gesindheid van Jesus te se: U wil geskied! AMEN.

(Uit Solly Ozrovech se boek: Gebede vir jou lewenspad)

Vrede

Gabriel

'n Rotsvaste Geloof

Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Heb.11: 1)

Almagtige God en deur Jesus Christus, onse hemelse Vader, vergewe uit genade ons beperkte begrip van die Ewige, ons twyfel en suspisie waarmee ons die hart van God bevraagteken. Ons het so min geloof: gee ons asseblief meer daarvan. Ons glo in mekaar, in banke, in treine en vliegtuie, aan vreemdelinge wat ons in huurmotors vervoer. Vergewe ons dubbelhartigheid, o Heer, dat ons glo in mense wat ons nie ken nie, en tog so traag is om geloof in U, ons almagtige God, te he. Ons bring soveel ellende deur ons ongeloof oor onsself. Wil U daardie geloof aan ons gee wat ons in die bank van u liefde kan deponeer, sodat ons die dividende kan ontvang wat U so gretig is om aan ons te gee! Ons wil so graag glo, Here, soos al die groot geloofreuse: Abraham, Moses, Daniel, Noag, Barak, Debora, Dawid en die hele heldegalery van Hebreers 11. Ons misluk so dikwels in ons geloofslewe, Here Jesus; daarom pleit ons: Kom ons ongeloof tot hulp! Maak ons rotsvas in ons geloof omdat dit gegrond is op die Rots van die eeue! Dankie vir gewone mense wat elke dag geloofsdade verrig. In die Naam van Jesus, ons Geloofsversterker.

Hierdie gebed kom uit Gebede vir jou Lewenspad deur Solly Ozrovech

Vrede

Gabriel

Saturday, April 3, 2010

Dag 39 - Lukas 23: 44-56

55. Die vroue wat saam met Jesus vanaf Galilea gekom het, het agternagekom en die rotsgraf gesien, asook hoe sy liggaam daarin neergele word.
56. Daarna het hulle teruggedraai huis toe om die aromatiese olie en speserye te gaan voorberei. Op die Sabbat het hulle gerus volgens die gebod van die wet.

Vrede

Gabriel

Dag 38 - Lukas 23: 54

Op die dag van voorbereiding het hulle Jesus begrawe.

54. Dit was die Vrydagmiddag laat, die tyd van voorbereiding vir die naderende Sabbat.

Vrede

Gabriel

Dag 37 - Lukas 23: 48-49

48. Al die skares wat saamgedrom het vir hierdie skouspel en gesien het wat alles gebeur het, het as teken van rou op hulle bors geslaan en huis toe gegaan.
49. Maar Jesus se vriende, asook die vroue wat Hom van Galilea af gevolg het, het op'n afstand bly staan en al hierdie dinge aanskou.

Vrede
Gabriel

Dag 36 - Lukas 23: 47

47. Toe die Romeinse offisier sien wat gebeur het, het hy God geloof en gese: "Hierdie man was regtig regverdig."

Vrede
Gabriel

Dag 35 - Lukas 23: 46

46. Met 'n harde stem het Jesus uitgeroep: "Vader, in u hande gee Ek my gees oor!" Nadat Hy dit gese het, het Hy sy asem uitgeblaas.

Vrede
Gabriel

Dag 34 - Lukas 23:45b

45b. ....en die swaar gordyn van die tempel het middeldeur geskeur.

Vrede

Gabriel

Dag 33 - Lukas 23: 44-45a

Jesus van Naseret, die Seun van God, sterf.

44. Teen ongeveer 12 het duisternis toegesak oor die hele land tot drie uur toe.
45a. Die son is uitgedoof.....

Vrede
Gabriel

Dag 32 - Lukas 23: 40-43

40. Die ander een het hom egter bestraf en gese: "Het jy ook nie respek vir God nie, alhoewel jy dieselfde straf as hierdie man ondergaan!
41. Ons het dit terdee verdien, want ons ontvang straf vir die dinge wat ons gedoen het. Hierdie man het niks verkeerd gedoen nie."
42. Hy het verder gese:"Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koningkryk kom."
43. Jesus se antwoord was: "Ek verseker jou, jy sal vandag nog saam met My in die paradys wees."

Vrede

Gabriel

Dag 31 - Lukas 23: 39

39. Een van die misdadigers wat daar gehang is, het Jesus aanhou beledig deur te se: "Is jy dan nie die Messias nie? Red jouself en ook vir ons!"

Vrede
Gabriel

Dag 30 - Lukas 23: 38

38. Daar was ook 'n kennisgewing bokant Jesus se kop: "Dit is Jesus, die Koning van die Jode."

Vrede
Gabriel