Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Heb.11: 1)
Almagtige God en deur Jesus Christus, onse hemelse Vader, vergewe uit genade ons beperkte begrip van die Ewige, ons twyfel en suspisie waarmee ons die hart van God bevraagteken. Ons het so min geloof: gee ons asseblief meer daarvan. Ons glo in mekaar, in banke, in treine en vliegtuie, aan vreemdelinge wat ons in huurmotors vervoer. Vergewe ons dubbelhartigheid, o Heer, dat ons glo in mense wat ons nie ken nie, en tog so traag is om geloof in U, ons almagtige God, te he. Ons bring soveel ellende deur ons ongeloof oor onsself. Wil U daardie geloof aan ons gee wat ons in die bank van u liefde kan deponeer, sodat ons die dividende kan ontvang wat U so gretig is om aan ons te gee! Ons wil so graag glo, Here, soos al die groot geloofreuse: Abraham, Moses, Daniel, Noag, Barak, Debora, Dawid en die hele heldegalery van Hebreers 11. Ons misluk so dikwels in ons geloofslewe, Here Jesus; daarom pleit ons: Kom ons ongeloof tot hulp! Maak ons rotsvas in ons geloof omdat dit gegrond is op die Rots van die eeue! Dankie vir gewone mense wat elke dag geloofsdade verrig. In die Naam van Jesus, ons Geloofsversterker.
Hierdie gebed kom uit Gebede vir jou Lewenspad deur Solly Ozrovech
Vrede
Gabriel

No comments:
Post a Comment