Powered By Blogger

Wednesday, March 17, 2010

Dag 29 - Lukas 23: 36-37 (Deel 4)

Vroue en baie ander se belewenis van die kruisiging.

36. Ook die soldate het vorentoe beweeg en Jesus gespot. Hulle het vir Hom asynwyn aangebied
37. en gese: "As jy die Koning van die Jode is, red jouself."

Vrede

Gabriel

Dag 28 - Lukas 23: 35 (Deel 3)

Vroue en baie ander se belewenis van die kruisiging.

35. Die volk het net daar gestaan en toegekyk. En die leiers het aangehou om Hom te bespot met die woorde: "Ander het Hy gered. Laat Hy homself red as Hy die Messias, die uitverkorene van God is!"

Vrede

Gabriel

Dag 27 - Lukas 23: 32-34 (Deel 2)

Vroue en baie ander se belewenis van die kruisiging.

32. Twee ander misdadigers is ook saam met Jesus weggelei om tereggestel te word.
33. Toe hulle by die plek aankom wat Kopbeen genoem word, het hulle Jesus daar gekruisig, asook die misdadigers - een aan Jesus se regter- en een aan sy linkerkant.
34. Daarop het Jesus gese: "Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!" Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp.

Vrede

Gabriel

Dag 26 - Lukas 23: 26-31 (Deel 1)

Vroue en baie ander se belewenis van die kruisiging.

26. Terwyl hulle besig was om Jesus weg te lei, het hulle 'n sekere Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, geforseer om die kruis agter Jesus aan te dra.
27. 'n Groot menigte van die volk het Jesus gevolg, ook vroue wat op hulle bors geslaan en oor Hom gehuil het.
28. Jesus het agtertoe, na hulle kant toe, gedraai en gese: "Dogters van Jerusalem, moenie oor My huil nie; huil liewer oor julle self en julle kinders
29. omdat daar dae kom wanneer hulle sal se: 'Gelukkig is die onvrugbare vroue; asook die moederskote wat nog nie 'n kind in die wereld gebring het nie, sowel as die borste wat nog nooit gevoed het nie.'
30. Dit is dan wat hulle aan die berge sal begin se: "Val op ons!' en aan die heuwels: 'Bedek ons!'
31. "As hulle hierdie dinge aan 'n groen boom doen, wat sal dan met die droe gebeur?"

Vrede

Gabriel

Dag 25 - Lukas 23: 13-20 (Deel 3)

Die Koning bevetig sy koningskap voor Pilatus

13. Daarna het Pilatus die leierpriesters en die volksleiers bymekaargeroep
14. en aan hulle gese: "Julle het hierdie man voor my gebring as iemand wat die volk opgesweep het om te rebelleer. Ek het hom voor julle oe ondervra en ek het geen gronde gekry vir die aanklag waarvan julle hom beskuldig nie.
15. Herodes het ook nie gronde gekry nie, want hy het hom teruggestuur na ons toe. Let daarop, hy het niks gedoen wat die doodstraf verdien nie.
16. Nadat ek hom laat gesel het, sal ek hom vrylaat."
18. Hulle het egter saam met die menigte uitgekreet: "Weg met hom! Laat Barabbas vir ons los!"
19. (Barabbas was in die tronk gegooi oor 'n oproer in die stad en oor 'n moord.)
20. Pilatus het weer met hulle gaan redeneer omdat hy Jesus wou vrylaat,

Vrede

Gabriel

Tuesday, March 16, 2010

Dag 24 - Lukas 23: 6-12 (Deel 2)

Die Koning bevestig sy koningskap voor Pilatus.

6. Toe Pilatus dit hoor, het hy probeer uitvind of die man dan 'n Galileer is.
7. Nadat hy hom daarvan vergewis het dat Jesus wel uit die gebied afkomstig is wat onder Herodes se beheer val, het hy Jesus na Herodus toe gestuur, wat juis gedurende daardie tyd in Jerusalem was.
8. Herodes was baie opgewonde om Jesus te sien. Hy het al vir 'n lang tyd die begeerte gehad om Jesus te sien omdat hy soveel van Hom gehoor het. Hy het ook gehoop om een of ander wonderteken te sien wat deur Jesus se toedoen gebeur.
9. Hy het Jesus vraag op vraag gevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
10. Die leierpriesters en die skrifkenners het daar gestaan en Jesus heftig beskuldig.
11. Herodes, saam met sy soldate, het Jesus met veragting bespot. Hy het Hom 'n blink kleed aangetrek en Jesus teruggestuur na Pilatus toe.
12. Op daardie dag het Herodes en Pilatus mekaar se vriende geword, want vroeer was hulle vyande.

Vrede

Gabriel

Monday, March 15, 2010

Dag 23 - Lukas 23: 1-5 (deel 1)

Die Koning bevestig sy koningskap voor Pilatus.

1. Die hele vergadering het opgestaan en Jesus voor Pilatus gebring.
2. Hulle het dadelik 'n aanklag teen Hom begin voorle: "Ons het bevind dat hierdie man ons volk opsweep; hy verbied hulle om belasting te betaal, terwyl Hy beweer dat Hy self die Messias, die Koning is."
3. Pilatus het Hom toe gevra: "Is Jy die Koning van die Jode?" Jesus het toe geantwoord: "Dit is soos u se."
4. Daarop het Pilatus aan die leierpriesters en die skare gese: "Ek vind niks krimineels in hierdie man nie."
5. Hulle het opgesweep geraak en aanhou roep: "Hy hits deur sy onderrig die volk aan dwarsdeur die hele Judea. Hy het in Galilea begin en tot hier gevorder."

Vrede

Gabriel

Sunday, March 14, 2010

Dag 22 - Lukas 22: 66-71

Vroegoggend en die Joodse Raad besluit oor'n aanklag.

66. Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die leierpriesters en skrifgeleerdes, saamgekom en hulle het Jesus voor die Joodse Raad laat bring.
67. Hulle se toe: "As jy die Mesias is, se dit vir ons." Hy het hulle geantwoord: "As Ek dit vir julle sou se, sal julle My glad nie glo nie.
68. Al sou Ek ook 'n vraag stel, sal julle dit nie antwoord nie.
69. Maar van nou af sal Ek, die Seun van die Mens, aan die regterhand van die krag van God sit."
70. Toe vra hulle almal: "Is Jy dan die Seun van God?" Hy antwoord hulle: "Dit is soos julle se - Ek is."
71. Die reaksie was: "Waarom het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos nou self uit sy eie mond gehoor!"

Vrede

Gabriel

Friday, March 12, 2010

Dag 21 - Lukas 22: 63-65

Petrus ontken sy Leermeester, net soos Jesus voorspel het (vervolg)

63. Die soldate wat Jesus bewaak het, het Hom gekoggel en geslaan.
64. Hulle het Hom geblinddoek en aanhou se: "Profeteer wie dit is wat jou geslaan het!"
65. Hulle het Hom belaster deur baie ander dinge teen Hom kwyt te raak.

Vrede

Gabriel

Dag 20 - Lukas 22: 54-62

Petrus ontken sy Leermeester, net soos Jesus voorspel het.

54. Nadat hulle Jesus toe gearresteer het, het hulle Hom weggelei en in die huis van die hoofpriester ingebring. Petrus het op 'n afstand gevolg.
55. In die middel van die binnehof was daar 'n vuur wat knetterend gebrand het, met mense wat rondom dit sit. Petrus het tussen die mense gaan sit.
56. 'n Sekere diensmeisie het hom raakgesien waar hy in die vlammegloed sigbaar gesit het. Nadat sy hom goed uitgekyk het, se sy: "Hy was ook saam met daardie man."
57. Petrus het dit egter heftig ontken: "Vrou, ek ken Hom glad nie!"
58. 'n Rukkie later merk iemand anders hom op en se: "Hy is mos ook uit hulle geledere." Petrus se reaksie was: "Man, ek is beslis nie!"
59. Na 'n tussenpose van ongeveer 'n uur het 'n ander persoon ferm bevestig: "Dit staan vas, hierdie man was sowaar ook saam met Hom; hy is mos ook 'n Galileer."
60. Petrus het geantwoord: "Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!" Eensklaps, terwyl hy nog besig is om te praat, het daar 'n haan gekraai.
61. Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gese het: "Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken."
62. En hy het buitetoe gegaan en onbedaarlik gehuil.

Vrede

Gabriel

Thursday, March 11, 2010

Dag 19 - Lukas 22: 47-53

Judas ae verradelike soen sit die finale proses aan die gang.

47 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n skare bymekaargekom. Die man wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor die mense uitgeloop en al nader aan Jesus gekom om Hom te soengroet.
48. Jesus het gereageer: "Judas, lewer jy die Seun van die Mens uit met 'n soen?"
49. Toe die wat saam met Jesus daar was, besef wat met Hom gaan gebeur, vra hulle: "Here, moet ons hulle met die swaard te lyf gaan?"
50. Een uit hulle geledere het toe na die slaaf van die hoofpriester gekap en sy regteroor getref.
51. Maar Jesus het gereageer: "Hou dadelik op hiermee!" Daarna het Hy die oor aangeraak en dit gesond gemaak.
52. Jesus het toe aan die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom aangetree het, gese: "Het julle opgetrek met swaarde en stokke, soos teen 'n rower?
53. Ek was daagliks saam met julle in die tempel, en tog het julle My nie gearresteer nie. Maar hierdie is nou julle tyd, die tyd van die mag van die duisternis."

Vrede

Gabriel

Wednesday, March 10, 2010

Dag 18 - Lukas 22: 43-46

Jesus worstel in gebed met sy Vader (vervolg)

43. Daar het 'n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk.
44. Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup.
45. Nadat Jesus uit die gebedshouding opgestaan het en by die dissipels gekom het, kry Hy hulle aan die slaap, gedreineer deur die hartseer.
46. Hy se toe vir hulle: "Waarom is julle aan die slaap? Staan op en bid dat julle nie aan versoeking toegee nie."

Vrede

Gabriel

Tuesday, March 9, 2010

Dag 17 - Lukas 22: 39-42

Jesus worstel in gebed met sy Vader.

39. Jesus het uit die stad gegaan na die Olyfberg, soos Hy gewoond was om te doen. En die dissipels het Hom gevolg.
40. Toe Hy op 'n sekere plek kom, se Hy vir hulle: "Hou aan bid dat julle nie in versoeking beland nie."
41. Jesus het Hom toe van hulle afgesonder, ongeveer 'n klipgooi ver. Daar het Hy gekniel en gebid:
42. "Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geld!"

Vrede

Gabriel

Dag 17 - Lukas 22: 39-42

Dag 16 - Lukas 22: 21-23

Die laaste paasmaaltyd word genuttig. (vervolg)

21. "Maar kyk, die hand van die man wat my uitlewer, is saam met My aan tafel.
22. Met die Seun van die Mens sal dit gaan volgens die beskikking van God, maar groot ellende wag op hom deur wie Hy uitgelewer word!"
23. Toe het die dissipels mekaar begin vra wie van hulle dit tog sou kon wees wat so iets sou doen.

Vrede

Gabriel

Sunday, March 7, 2010

Dag 15 - Lukas 22: 14-20

Die laaste paasmaaltyd word genuttig.

14. Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom.
15. Hy se toe vir hulle: "Ek het ernstig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met julle te eet voordat Ek ly.
16. Want Ek se vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet voordat dit binne die koningsheerskappy van God Sy volle vervulling gekry het nie."
17. Daarna het Jesus 'n beker geneem, 'n dankgebed uitgespreek en verder gese: "Neem dit en deel dit onder mekaar.
18. Want ek se vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koningsheerskappy van God ten volle gekom het nie."
19. Jesus het ook brood geneem, 'n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy se: "Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan MY."
20. Hy het dieselfde gedoen met die beker na die ete en gese: "Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.

Vrede

Gabriel

Thursday, March 4, 2010

Dag 14 - Lukas 22: 1-6

Judas onderneem om Jesus uit te lewer.

22: 1. Die Fees van die Ongesuurde Brood, wat ook Pasga genoem word, was baie naby.
2. Die leierpriesters en die skrifkenners het steeds bly soek na 'n subtiele manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk.
3. Satan het reeds in Judas, wat Iskariot genoem is, een van die twaalf, ingevaar.
4. Hy het weggegaan om te onderhandel met die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag oor hoe hy Jesus aan hulle sou uitlewer.
5. Hulle was opgewonde en het ooreengekom om geld aan hom te gee.
6. Judas het ten volle ingestem en na 'n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.

Vrede

Gabriel

Dag 13 - Lukas 20: 13-18

Voorbeeld van die slegte druiweboere.
13. "Toe se die eienaar van die wingerd: 'Wat staan my nou te doen? Ek sal my lieflingseun stuur. Hopelike sal hulle hom met respek bejeen.'
14. "Toe die boerre hom egter sien, het hulle onder mekaar beraadslag en gese: 'Hierdie man is die erfgenaam. laat ons hom doodmaak sodat die erfenis ons s'n kan wees.'
15. Hulle het hom toe ook uit die wingerd gegooi en vermoor. "Wat moet die eienaar van die wingerd dan meer met hulle doen?
16. Hy sal opdaag en daardie boere doodmaak en die wingerd aan die ander mense gee." Die mense wat dit gehoor het, se toe: "Nee, dit mag nooit gebeur nie!"
17. Jesus het hulle stip aangekyk en gese: "Wat is die betekenis van hierdie Skrifwoord dan? ' Juis daardie klip wat die bouers afgekeur het, het die hoekklip van die gebou geword.'
18. Elkeen wat op daardie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal vergruis word."

Vrede

Gabriel

Dag 12 - Lukas 18: 31-34

Jesus praat weer oor sy toekomstige dood.

31. Jesus het die twaalf eenkant geneem en vir hulle gese: "Let daarop, ons gaan nou Jerusalem toe en alles wat deur die profete opgeteken is oor die Seun van die Mens, sal volledig vervul word.
32. Hy sal uitgelewer word aan die heidene en bespot, beledig en ook op gespoeg word.
33. En nadat hulle Hom gegesel het, sal hulle Hom doodmaak. Op die derde dag sal Hy egter weer opstaan."
34. Hulle het egter niks hiervan verstaan nie. Hierdie verduideliking was vir hulle verberg en hulle het nie begryp wat Hy se nie.

Vrede

Gabriel

Dag 11 - Lukas 13: 34-35

Jesus huil oor sy geliefde Jerusalem

34. "O Jerusalem, Jerusalem, stad wat profete doodmaak en God se boodskappers stenig! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaar maak soos 'n hen wat haar kuikens onder haar vlerke beskerm, maar julle wou My nie toelaat nie.
35. En kyk nou, julle huis word vir julle leeg agtergelaat. En julle sal My nie weer sien nie totdat julle se: 'Geseend is die een wat in die Naam van die Here kom!'"

Vrede

Gabriel

Tuesday, March 2, 2010

Dag 10 - Lukas 13: 14-17

'n Kromgetrekte vrou kan weer regop staan.

14. Maar die hoof van die sinagoge was verontwaardig dat Jesus haar op die Sabbatdag genees het. "Daar is ses dae van die week om te werk," het hy vir die skare gese. "Kom op daardie dae om genees te word, nie op die Sabbat nie."
15. Maar die Here antwoord: "Jou huigelaar! Jy werk op die Sabbatdag! Maak jy nie op die Sabatdag jou os of donkie los in die stal en lei hom uit om te drink nie?
16. Was dit nie vir my nodig, selfs op die Sabbatdag, om hierdie arme vrou te bevry van die gevangenskap waarin Satan haar vir agtien jaar gehou het nie?"
17. Dit het sy vyande laat skaam kry. En al die mense was verheug oor die wonderlike dinge wat Hy gedoen het.

Vrede

Gabriel

Monday, March 1, 2010

Dag 9 - Lukas 12: 49-53

Jesus se koms bring ook stryd en verdeeldheid

49. "Ek het gekom om vuur op die aarde te bring en Ek wens dat my taak al afgehandel was!
50. Daar le 'n vreeslike doop vir My voor, en Ek is onder 'n swaar las totdat dit volvoer is.
51. Dink julle Ek het gekom om vrede op aarde te bring? Nee, Ek het gekom om stryd en verdeeldheid te bring!
52. Van nou af sal gesinne verdeeld wees, drie ten gunste van My en twee teen MY, of anders om.
53. Daar sal verdeling wees tussen pa en seun, ma en dogter, skoonma en skoondogter."