Powered By Blogger

Thursday, March 4, 2010

Dag 14 - Lukas 22: 1-6

Judas onderneem om Jesus uit te lewer.

22: 1. Die Fees van die Ongesuurde Brood, wat ook Pasga genoem word, was baie naby.
2. Die leierpriesters en die skrifkenners het steeds bly soek na 'n subtiele manier om van Jesus ontslae te raak, want hulle was bang vir die volk.
3. Satan het reeds in Judas, wat Iskariot genoem is, een van die twaalf, ingevaar.
4. Hy het weggegaan om te onderhandel met die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag oor hoe hy Jesus aan hulle sou uitlewer.
5. Hulle was opgewonde en het ooreengekom om geld aan hom te gee.
6. Judas het ten volle ingestem en na 'n gunstige geleentheid gesoek om Jesus uit te lewer waar die skares nie teenwoordig is nie.

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment