Judas ae verradelike soen sit die finale proses aan die gang.
47 Terwyl Jesus nog besig was om te praat, het 'n skare bymekaargekom. Die man wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor die mense uitgeloop en al nader aan Jesus gekom om Hom te soengroet.
48. Jesus het gereageer: "Judas, lewer jy die Seun van die Mens uit met 'n soen?"
49. Toe die wat saam met Jesus daar was, besef wat met Hom gaan gebeur, vra hulle: "Here, moet ons hulle met die swaard te lyf gaan?"
50. Een uit hulle geledere het toe na die slaaf van die hoofpriester gekap en sy regteroor getref.
51. Maar Jesus het gereageer: "Hou dadelik op hiermee!" Daarna het Hy die oor aangeraak en dit gesond gemaak.
52. Jesus het toe aan die leierpriesters en die bevelvoerders van die tempelwag en die familiehoofde wat teen Hom aangetree het, gese: "Het julle opgetrek met swaarde en stokke, soos teen 'n rower?
53. Ek was daagliks saam met julle in die tempel, en tog het julle My nie gearresteer nie. Maar hierdie is nou julle tyd, die tyd van die mag van die duisternis."
Vrede
Gabriel

No comments:
Post a Comment