Powered By Blogger

Sunday, February 28, 2010

Dag 8 - Lukas 11: 14-16

14. Eendag het Jesus 'n bose gees uit 'n man uitgedryf wat nie kon praat nie, en die man se stem het teruggekeer. Die skare was verstom,
15. maar sommige het gese: "Geen wonder Hy kan bose geeste uitdryf nie. Hy kry sy krag van Satan, die prins van die bose geeste!"
16. Om Jesus te toets het ander vir 'n wonderteken uit die hemel gevra om te sien of Hy van God kom.

Vrede

Gabriel

Dag 7 - Lukas 9: 41-45

41. "Julle ontaarde en ongelowige mense!" het Jesus gese. "Hoe lank moet Ek nog by julle wees en julle verdra? Bring hom hier."
42. Terwyl die seun vorentoe kom, het die gees hom platgeslaan en hom hewige stuiptrekkings laat kry. Maar Jesus het die bose gees gestraf en die seun gesond gemaak. Toe het Hy hom aan sy pa teruggegee.
43. Die mense was verslae toe hulle hierdie wonderbaarlike uiting van God se krag sien.
Terwyl almal verbaas was oor al die wonderlike dinge wat Hy doen, het Jesus vir sy dissipels gese:
44. "Luister na My en onthou wat Ek se. Ek, die Seun van die Mens, gaan uitgelewer word."
45. Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. Die belang van wat Hy gese het, was vir hulle verborge. Daarom het hulle nie begryp nie en was huiwerig om Hom daaroor uit te vra.

Vrede

Gabriel

Dag 6 - Lukas 9: 18 - 22

18. Eendag na Jesus alleen in gebed was, het Hy na sy dissipels gekom en gevra: "Wie se die mense is Ek?"
19. "Wel," het hulle geantwoord, "sommige se Johannes die Doper, Sommige se Elia, en ander se U is een van die vroeere profete wat uit die dood opgestaan het."
20. Toe vra Hy vir hulle: "Wie, se julle is Ek?" Petrus het geantwoord: "U is die Messias wat deur God gestuur is!"
21. Jesus het hulle gewaarsku om dit vir niemand te vertel nie.
22. "Want Ek, die Seun van die Mens, moet baie vreeslike dinge ly," het Hy gese. "Ek sal deur die familiehoofde verwerp word, die leierpriesters en die skrifkenners. Ek sal doodgemaak word, maar drie dae later sal Ek uit die dood opgewek word."

Vrede

Gabriel

Thursday, February 25, 2010

Dag 5 - Lukas 8: 35-37

35. Daar het gou 'n skare rondom Jesus vergader, want hulle wou self sien wat gebeur het. Hulle het die man wat voorheen van duiwels besete was, by Jesus se voete sien sit, geklee en by sy volle verstand; en die hele skare het bang geword.
36. Toe het die mense wat gesien het wat gebeur het, die ander vertel hoe die duiwelbesete man genees is.
37. en al die mense in daardie omgewing het Jesus gesmeek om weg te gaan en hulle te los, want groot vrees het hulle beetgepak. Jesus het toe na die skuit teruggegaan en na die oorkant van die meer vertrek,


Vrede

Gabriel

Wednesday, February 24, 2010

Dag 4 - Lukas 8: 22-25

22. Eendag het Jesus vir sy dissipels gese: "Kom ons vaar oor na die ander kant van die meer." Hulle het in 'n skuit geklim en begin oorvaar.
23. Oppad oorkant toe het Jesus gaan le om te slaap, en terwyl Hy slaap, het die wind begin opsteek. 'n Hewige storm het losgebars wat hulle wou laat ondergaan. Hulle was in lewensgevaar.
24. Die dissipels het Hom wakkergeskud en geskree: "Leermeester, ons gaan verdrink!" Jesus het die wind en siedende golwe bestraf. Die storm het bedaar en alles was weer kalm.
25. Toe vra Hy vir hulle: "Waar is julle geloof?" En hulle was vervul met ontsag en verbasing. Hulle het vir mekaar gese: "Wie is hierdie Man dat selfs die wind en die golwe Hom gehoorsaam?"

Vrede

Gabriel

Tuesday, February 23, 2010

Dag 3 - Lukas 7: 31-35

31. "Hoe sal Ek hierdie geslag mense beskryf?" het Jesus gevra. "Waarmee sal Ek hulle vergelyk? 32. Hulle is soos 'n groep kinders wat 'n spel op die dorpsplein speel. Hulle kla teenoor hulle vriende:

'Ons het vir julle 'n bruilofslied gespeel, maar julle wou nie dans nie.
Ons het 'n begrafnislied gesing, maar julle het geweier om te huil.'

33. Want Johannes die Doper het nie wyn gedrink nie en dikwels gewas, en julle se: 'Hy is van die duiwel besete.' 34. En Ek, die Seun van die Mens, eet en drink, en julle se: 'Hy is 'n vraat en 'n dronkaard, en 'n vriend van die slegte soort sondaars!' 35. Maar wysheid kom tot sy reg in die lewe van hulle wat dit navolg."

Monday, February 22, 2010

Dag 2 - Lukas 4: 20-21, 28-30

20. "Hy het die rol opgerol, dit aan die amptenaar teruggegee en gaan sit. Almal in die sinagoge het stip na Hom gekyk. 21. Toe se Hy: "Hierdie SKrif is vandag voor julle oe bewaarheid!""

28. "Toe die mense van die sinagoge dit hoor, was hulle woedend". 29. Hulle het opgespring, Hom omsingel en Hom uit die dorp geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was. Hulle wou Hom oor die krans stoot, 30. maar Hy het tussen die skare deurgeglip en weggegaan.

Vrede

Gabriel

Sunday, February 21, 2010

Dag 1 - Lukas 2: 34-35

Simeon staan by wanneer Jesus aan die Here gewy word.


34. "Toe het Simeon hulle geseen en vir Maria gese: "Hierdie Kind sal deur baie in Israel verwerp word, tot hulle eie nadeel. Maar Hy sal die grootste vreugde wees vir baie ander. 35. So sal die diepste gedagtes van baie harte bekend word. Maar wat jou betref - daar sal 'n swaard deur jou siel gaan"

Ons is nou in die lydenstyd voor Paastyd. Dus sal die stukkies hopelik vir julle iets beteken die volgende klompie dae. Ons as gemeente ontvang die verse en ek het besluit om dit met julle te deel.

Vrede

Gabriel

Thursday, February 18, 2010

Ons groot God en wonderlike Vader

Ek gaan die week afsluit met een van Solly Ozrovech se gebed uit Gebede vir jou lewenspad (Binnekamergesprekke met God)

Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra (Matt. 6: 7-8).

Ons Vader wat in die hemel is,
hoe groot is u genade dat ons U Vader mag noem!
Ons buig voor U liefde
wat van sondaars U kinders maak.
Laat U Naam geheilig word,
laat ons lewe strek tot verheerliking van U Naam
sodat ons saam met die engele U heiligheid kan bely.
Laat U koningkryk kom, in my hart, o Meester.
Heers daar deur U Heilige Gees,
Maak my 'n betroubare getuie
van U reddende genade
sodat die wereld sal weet dat U mense red
vir U koningkryk.
Laat U wil op die aarde geskied.
Dit is soms moeilik om U wil te ken -
en te begryp, Here.....
Neem daarom beheer oor van my lewe
en lei my na U wil.
Net soos in die hemel -
totdat elke knie voor U buig en elke tong bely:
Christus is die Here!
Tot heerlikheid van die God die Vader!
Skenk ons dit wat ons waarlik nodig het
om van te leef.
Vergeef ons ons oortredings,
nie omdat ons dit verdien nie,
maar omdat U liefde so groot is.
Help ons daardeur om die te vergewe
wat teen ons oortree.
Laat ons nie in die versoeking kom nie,
maar verlos ons van die Bose.
Hou ons staande teen die versoekings
deur die krag van Jesus Christus.
Aan U behoort die koningkryk en die krag
en die heerlikheid
tot in ewigheid.

AMEN

Vrede tot volgende keer
Gabriel

KERKPLEIN

KERKPLEIN

Wednesday, February 17, 2010

Gebed

Gebed is ins sterkste wapen teen die bose.

In Efesiers 6 herinner Paulus ons daaraan dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in hierdie wereld. Die bose magte wat ons in verskeie mense se optrede sien. Magte wat maak dat een seun 'n ander een met 'n swaard dood maak en 'n hawelose man doodskop en 'n bergie op 'n kerk se se stoep aanrand en weer en weer terugkom totday hy dood is. Magte wat maak dat jong tieners hulle oorgee aan drank en dwelms en onbeskermde seks.

Die bose magte wat my daartoe bring om te swig voor die versoeking om dinge te doen wat ek weet ek nie behoort te doen nie, maar ook wat my keer om die dinge te doen wat ek weet ek behoort te doen. Ek weet nie presies hoe om hierdie mag te beskryf of te definieer nie, maar een ding weet ek en dit is dat daar iets is wat maak dat ek nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, en dan weer die slegte dinge wat ek nie wil doen nie, doen. Efesiers noem dit die bose magte van die lig.

Efesiers 6 vertel vir ons van al die wapens wat tot ons beskikking is in hierdie stryd. Dan sluit hy dit alles af deur te se: Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Gebed is ons belangrikste wapen in die stryd teen die bose.

ONS MOET AANHOU BID.

VREDE

Gabriel

Tuesday, February 16, 2010

Gebed

Gebed berei ons voor vir God se werk deur ons.

Die aand voor die kruisiging is Jesus saam met sy dissipels in die bovertrek. In Jesus se laaste gesprek met sy dissipels, se Jesus van die belangrikste goed vir sy dissipels. Jesus verduidelik dat Hy en die Vader een is en dat die wat Hom gesien het, ook die Vader gesien het en hoe belangrik die werke is wat Hy gedoen het.

Jesus se vir sy dissipels dat die wat in Hom glo dieselfde dinge sal doen as wat Hy gedoen het. Dan se Jesus twee keer dat Hy alles sal doen wat iemand in Sy Naam vra. Natuurlik verwar mense dit met 'n vrypas om enige iets te vra wat hulle wil en dan te verwag dat die Here Jesus dit sal doen, maar dit is nie hoe die Here dit bedoel het nie.

Nie almal van ons sal iemand wees deur wie die Here wonderwerke doen nie, maar almal van ons kan bid. Almal van ons kan bid dat die Goeie Nuus van Jesus by alle mense dwarsoor die wereld sal uitkom. Almal van ons kan bid en vra dat sy wil sal geskied en sy koningkryk sal kom.

Deur ons gebede word die groot werke van GOD gedoen.

Monday, February 15, 2010

Gebed

Gebed help ons om God se wil te ken.

Wanneer Jesus op die punt staan om die twaalf dissipels te kies, bid Hy die hele nag deur sodat Hy die mense kan kies wat die Vader self op die span sou wou sien. Na die nag van gebed kies Jesus 'n vreemde span.
Hy kies 'n man wat sou twyfel die eerste keer toe hy teenstand kry; Hy kies 'n man wat sou weghardloop wanneer Jesus hom die nodigste sal he; Hy kies 'n man wat Hom later sou verraai vir 'n paar stukkies silwer.
Hy kies nie die span wat Hy wil he nie, Hy kies die span wat GOD wil he.
In tye van gebed kom 'n mens agter wat die Here wil he jy moet doen.

VREDE

Sunday, February 14, 2010

Gebed

Gebed help my teen versoekings.

Versoekings het nie net te make met dinge wat ek nie mag doen nie, ek dink dit het eerder te make met die versoeking om nie te doen wat ek weet ek behoort te doen nie. Ek was al in ontelbare baie situasies waar ek geweet het dat ek iemand moet vertel van die Here Jesus, ek kon nie - ek het toegegee aan die versoeking om nie te praat nie.

In die nag voor Jesus se dood is Hy alleen in Getsemane, in gebed. In hierdie oomblikke weet Jesus wat vir Hom wag, hulle gaan Hom gevange neem, martel, verhoor, kruisig en begrawe.

Vir sy dissipels het Jesus 'n waarskuwing, hulle moet bid dat hulle nie in die versoeking sal kom nie. Die versoeking om te maak of hulle Hom nie ken nie wanneer die gevaar dreig.

Jesus is ons voorbeeld. In Getsemane bid Hy so intens dat sy sweetdruppels soos bloed op die grond val. Hy bid dat Hy ook nie sal toegee aan die versoeking om nie God se wil te doen nie.

So as jy weer voor enige versoeking staan, bid en vra die Here om jou help. Wanneer die stemmetjie jou aankla oor iets wat jy gaan doen of reeds gedoen het, gaan op jou knie en bid dat die Here jou moet help en vergewe.

Tot volgende keer.
VREDE

Thursday, February 11, 2010

Gebed

Soos ek gister belowe het, hier is dit.

Ek gaan die volgende paar dae konsentreer op gebed. Sonder gebed beteken jou geloof vir jou as christene niks.

Die vraag wat jy vir jouself moet vra is: HOEKOM MOET EK BID?
Met hierdie vraag wat in my gedagtes maal het ek goedgedink om vyf aspekte van gebed te bespreek wat ek in my gebedslewe nodig het om te dryf in die stormagtige tye.

Die eerste aspek is:
Gebed bou my persoonlike verhouding met die Here.
Christenskap gaan nie in die heel eerste plek oor reels en wette wat ek moet gehoorsaam of 'n studie om te weet wat vir God aanvaarbaar is en wat nie, dit gaan in die heel eerste plek oor 'n verhouding - 'n liefdesverhouding tussen God en 'n mens en sy kerk en sy wereld.

Vir die voorreg om in hierdie liefdesverhouding met God te mag leef, leef ek dankbaar gehoorsaam, op soek na sy wil vir my lewe. Ek wys my liefde en my lojaliteit aan Hom deur te doen wat Hy wil he. Dankbare gehoorsaamheid is my reaksie op God se genade. In eerlike en met 'n oop hart in gebed bellef ek die dieptepunt van hierdie persoonlike verhouding met God.

Tot volgende keer. Dan gee ek die volgende aspek, nl. Gebed help my teen versoekings.

Daaglikse putkos vir die honger siel.

Hallo alle afrikaanse bloggers. Ek gaan voortaan my gedagtes rondom my ervaring en die rondom my in hierdie blog uitleef. Dit sal gaan oor dagstukkies uit verskeie outoriteite en my eie ervarings. Jy is welkom om jou gedagtes met ons te deel. In kort gaan hierdie blog hoofsaaklik oor christene en hul ervarings uit die woord van GOD. Ek sal sekere onderwerpe bespreek en sal ook as daar versoeke is daarop reageer.

ONTHOU: Ons hemelse Vader neem nooit iets van sy kinders weg sonder die bedoeling om aan hulle iets beters te gee nie. Jou besluit moet nie wees om sukses te behaal nie, maar om die regte ding te doen. Die res berus by GOD,GOD se wil vir my en jou.