Gebed berei ons voor vir God se werk deur ons.
Die aand voor die kruisiging is Jesus saam met sy dissipels in die bovertrek. In Jesus se laaste gesprek met sy dissipels, se Jesus van die belangrikste goed vir sy dissipels. Jesus verduidelik dat Hy en die Vader een is en dat die wat Hom gesien het, ook die Vader gesien het en hoe belangrik die werke is wat Hy gedoen het.
Jesus se vir sy dissipels dat die wat in Hom glo dieselfde dinge sal doen as wat Hy gedoen het. Dan se Jesus twee keer dat Hy alles sal doen wat iemand in Sy Naam vra. Natuurlik verwar mense dit met 'n vrypas om enige iets te vra wat hulle wil en dan te verwag dat die Here Jesus dit sal doen, maar dit is nie hoe die Here dit bedoel het nie.
Nie almal van ons sal iemand wees deur wie die Here wonderwerke doen nie, maar almal van ons kan bid. Almal van ons kan bid dat die Goeie Nuus van Jesus by alle mense dwarsoor die wereld sal uitkom. Almal van ons kan bid en vra dat sy wil sal geskied en sy koningkryk sal kom.
Deur ons gebede word die groot werke van GOD gedoen.

No comments:
Post a Comment