Soos ek gister belowe het, hier is dit.
Ek gaan die volgende paar dae konsentreer op gebed. Sonder gebed beteken jou geloof vir jou as christene niks.
Die vraag wat jy vir jouself moet vra is: HOEKOM MOET EK BID?
Met hierdie vraag wat in my gedagtes maal het ek goedgedink om vyf aspekte van gebed te bespreek wat ek in my gebedslewe nodig het om te dryf in die stormagtige tye.
Die eerste aspek is:
Gebed bou my persoonlike verhouding met die Here.
Christenskap gaan nie in die heel eerste plek oor reels en wette wat ek moet gehoorsaam of 'n studie om te weet wat vir God aanvaarbaar is en wat nie, dit gaan in die heel eerste plek oor 'n verhouding - 'n liefdesverhouding tussen God en 'n mens en sy kerk en sy wereld.
Vir die voorreg om in hierdie liefdesverhouding met God te mag leef, leef ek dankbaar gehoorsaam, op soek na sy wil vir my lewe. Ek wys my liefde en my lojaliteit aan Hom deur te doen wat Hy wil he. Dankbare gehoorsaamheid is my reaksie op God se genade. In eerlike en met 'n oop hart in gebed bellef ek die dieptepunt van hierdie persoonlike verhouding met God.
Tot volgende keer. Dan gee ek die volgende aspek, nl. Gebed help my teen versoekings.

No comments:
Post a Comment