Powered By Blogger

Wednesday, February 17, 2010

Gebed

Gebed is ins sterkste wapen teen die bose.

In Efesiers 6 herinner Paulus ons daaraan dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die bose magte in hierdie wereld. Die bose magte wat ons in verskeie mense se optrede sien. Magte wat maak dat een seun 'n ander een met 'n swaard dood maak en 'n hawelose man doodskop en 'n bergie op 'n kerk se se stoep aanrand en weer en weer terugkom totday hy dood is. Magte wat maak dat jong tieners hulle oorgee aan drank en dwelms en onbeskermde seks.

Die bose magte wat my daartoe bring om te swig voor die versoeking om dinge te doen wat ek weet ek nie behoort te doen nie, maar ook wat my keer om die dinge te doen wat ek weet ek behoort te doen. Ek weet nie presies hoe om hierdie mag te beskryf of te definieer nie, maar een ding weet ek en dit is dat daar iets is wat maak dat ek nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, en dan weer die slegte dinge wat ek nie wil doen nie, doen. Efesiers noem dit die bose magte van die lig.

Efesiers 6 vertel vir ons van al die wapens wat tot ons beskikking is in hierdie stryd. Dan sluit hy dit alles af deur te se: Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Gebed is ons belangrikste wapen in die stryd teen die bose.

ONS MOET AANHOU BID.

VREDE

Gabriel

No comments:

Post a Comment