Powered By Blogger

Sunday, March 7, 2010

Dag 15 - Lukas 22: 14-20

Die laaste paasmaaltyd word genuttig.

14. Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom.
15. Hy se toe vir hulle: "Ek het ernstig daarna uitgesien om hierdie paasete saam met julle te eet voordat Ek ly.
16. Want Ek se vir julle, Ek sal dit beslis nie weer eet voordat dit binne die koningsheerskappy van God Sy volle vervulling gekry het nie."
17. Daarna het Jesus 'n beker geneem, 'n dankgebed uitgespreek en verder gese: "Neem dit en deel dit onder mekaar.
18. Want ek se vir julle, Ek sal beslis van nou af nie weer van die vrug van die druiwestok drink voordat die koningsheerskappy van God ten volle gekom het nie."
19. Jesus het ook brood geneem, 'n dankgebed uitgespreek, dit in stukke gebreek en vir hulle gegee terwyl Hy se: "Dit is my liggaam wat ter wille van julle gegee word. Gebruik dit ter herinnering aan MY."
20. Hy het dieselfde gedoen met die beker na die ete en gese: "Hierdie beker is die nuwe verbond, bevestig deur my bloed, wat ter wille van julle uitgegiet word.

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment