Powered By Blogger

Friday, March 12, 2010

Dag 20 - Lukas 22: 54-62

Petrus ontken sy Leermeester, net soos Jesus voorspel het.

54. Nadat hulle Jesus toe gearresteer het, het hulle Hom weggelei en in die huis van die hoofpriester ingebring. Petrus het op 'n afstand gevolg.
55. In die middel van die binnehof was daar 'n vuur wat knetterend gebrand het, met mense wat rondom dit sit. Petrus het tussen die mense gaan sit.
56. 'n Sekere diensmeisie het hom raakgesien waar hy in die vlammegloed sigbaar gesit het. Nadat sy hom goed uitgekyk het, se sy: "Hy was ook saam met daardie man."
57. Petrus het dit egter heftig ontken: "Vrou, ek ken Hom glad nie!"
58. 'n Rukkie later merk iemand anders hom op en se: "Hy is mos ook uit hulle geledere." Petrus se reaksie was: "Man, ek is beslis nie!"
59. Na 'n tussenpose van ongeveer 'n uur het 'n ander persoon ferm bevestig: "Dit staan vas, hierdie man was sowaar ook saam met Hom; hy is mos ook 'n Galileer."
60. Petrus het geantwoord: "Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!" Eensklaps, terwyl hy nog besig is om te praat, het daar 'n haan gekraai.
61. Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gese het: "Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken."
62. En hy het buitetoe gegaan en onbedaarlik gehuil.

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment