Powered By Blogger

Tuesday, March 16, 2010

Dag 24 - Lukas 23: 6-12 (Deel 2)

Die Koning bevestig sy koningskap voor Pilatus.

6. Toe Pilatus dit hoor, het hy probeer uitvind of die man dan 'n Galileer is.
7. Nadat hy hom daarvan vergewis het dat Jesus wel uit die gebied afkomstig is wat onder Herodes se beheer val, het hy Jesus na Herodus toe gestuur, wat juis gedurende daardie tyd in Jerusalem was.
8. Herodes was baie opgewonde om Jesus te sien. Hy het al vir 'n lang tyd die begeerte gehad om Jesus te sien omdat hy soveel van Hom gehoor het. Hy het ook gehoop om een of ander wonderteken te sien wat deur Jesus se toedoen gebeur.
9. Hy het Jesus vraag op vraag gevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
10. Die leierpriesters en die skrifkenners het daar gestaan en Jesus heftig beskuldig.
11. Herodes, saam met sy soldate, het Jesus met veragting bespot. Hy het Hom 'n blink kleed aangetrek en Jesus teruggestuur na Pilatus toe.
12. Op daardie dag het Herodes en Pilatus mekaar se vriende geword, want vroeer was hulle vyande.

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment