Powered By Blogger

Wednesday, March 17, 2010

Dag 26 - Lukas 23: 26-31 (Deel 1)

Vroue en baie ander se belewenis van die kruisiging.

26. Terwyl hulle besig was om Jesus weg te lei, het hulle 'n sekere Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, geforseer om die kruis agter Jesus aan te dra.
27. 'n Groot menigte van die volk het Jesus gevolg, ook vroue wat op hulle bors geslaan en oor Hom gehuil het.
28. Jesus het agtertoe, na hulle kant toe, gedraai en gese: "Dogters van Jerusalem, moenie oor My huil nie; huil liewer oor julle self en julle kinders
29. omdat daar dae kom wanneer hulle sal se: 'Gelukkig is die onvrugbare vroue; asook die moederskote wat nog nie 'n kind in die wereld gebring het nie, sowel as die borste wat nog nooit gevoed het nie.'
30. Dit is dan wat hulle aan die berge sal begin se: "Val op ons!' en aan die heuwels: 'Bedek ons!'
31. "As hulle hierdie dinge aan 'n groen boom doen, wat sal dan met die droe gebeur?"

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment