Powered By Blogger

Sunday, March 14, 2010

Dag 22 - Lukas 22: 66-71

Vroegoggend en die Joodse Raad besluit oor'n aanklag.

66. Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die leierpriesters en skrifgeleerdes, saamgekom en hulle het Jesus voor die Joodse Raad laat bring.
67. Hulle se toe: "As jy die Mesias is, se dit vir ons." Hy het hulle geantwoord: "As Ek dit vir julle sou se, sal julle My glad nie glo nie.
68. Al sou Ek ook 'n vraag stel, sal julle dit nie antwoord nie.
69. Maar van nou af sal Ek, die Seun van die Mens, aan die regterhand van die krag van God sit."
70. Toe vra hulle almal: "Is Jy dan die Seun van God?" Hy antwoord hulle: "Dit is soos julle se - Ek is."
71. Die reaksie was: "Waarom het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos nou self uit sy eie mond gehoor!"

Vrede

Gabriel

No comments:

Post a Comment